Idi Amin | |
Idi Amin, 1973 | |
Derde President van Uganda
| |
Ampstermyn 25 Januarie 1971 – 11 April 1979 | |
Vise | Mustafa Adrisi |
---|---|
Voorafgegaan deur | Milton Obote |
Opgevolg deur | Yusufu Lule |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Idi Amin Dada ca. 1925 Koboko, Uganda-Protektoraat |
Sterf | 16 Augustus 2003 Djedda, Saoedi-Arabië |
Eggenoot/-note | Malyamu Amin (geskei) Kay Amin (geskei) Nora Amin (geskei) Madina Amin (weduwee) Sara Amin (weduwee) |
Kind(ers) | Hafsa Araba Emira Hawa Wangita Faisal Wangita Khadija Abiriya |
Religie | Islam |
Militêre Diens
| |
Lojaliteit | Verenigde Koninkryk Uganda |
Diens/Tak | Britse Weermag Ugandese Weermag |
Jare in diens | 1946–1962 (VK) 1962–1979 (Uganda) |
Rang | Luitenant (VK) Veldmaarskalk |
Eenheid | King's African Rifles |
Oorloë/Veldslae | Shifta-oorlog Mau Mau-opstand 1971 Ugandese staatsgreep Uganda-Tanzanië-oorlog |
Idi Amin Dada Oumee (ca. 1924–16 Augustus 2003) was van 1971 tot 1979 die president van Uganda.[1] Hy was bekend vir sy lagwekkende uitsprake, byvoorbeeld dat hy die Britse ryk militêr verslaan het, maar sy nalatenskap is een van moord en doodslag, wat aan hom die bynaam "die slagter van Afrika" besorg het. Amnestie Internasionaal reken dat hy tot soveel as 500 000 mense in Uganda laat vermoor het.[2]
Hy het homself die titel van "Sy Hoogheid, Lewenslange President, Veldmaarskalk Al Hadji Doktor Idi Amin, Heer oor al die Wesens op Aarde en Visse in die See en Oorwinnaar oor die Britse Ryk in Afrika in die Algemeen en spesifiek Uganda" toegeëien.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search